Om hierdie vraag beter te bewoord, moes ek lank dink oor die term konsep.
En ja, dalk moet ek ‘n hele artikel daaroor plaas, om dit beter te beskryf.
Maar in hierdie blog, is die belangrikste om te weet dat Wiskunde nie hier na verwys word as die skryf somme wat ons met getalle doen nie. Dis nie die optel en aftrek van getalle op papier nie.
Dis die konsep om te verstaan dat as jy ‘n paar goedjies het, en ‘n paar word weggeneem, verstaan die brein dit is minder. En omgekeerd ook.
Die maklike manier om dit in speel in te bou, is om ‘n paar speelgoed op ‘n hopie neer te sit, gewoonlik soveel soos wat die kind oud is. En dan moet hulle vanaf punt “A” bv spring na punt “B”
Tel die speelding by “B” op en spring terug na “A” toe.
Die kind moet dan keer-vir-keer spring en ‘n speelding gaan haal vanaf punt “B” na punt “A” todat alles op die ander hopie by “A” is.
Op hierdie manier verstaan die lyfie die konsep van die een hopie word meer en die ander hopie word minder, en gelyktydig ontwikkel spiere met die spring en die ogies volg die afstand wat korter of langer word. Die liggaam word fikser en die brein bou meer paadjies om die konsep van wat gebeur te verstaan.
Die lekker is, solank as wat dieselfde eenvoudige beweging op verskillende maniere aangebied word, leer die kind se brein steeds. Die vaslegging word sterker en die kind word voorberei om die volgende fase makliker te verstaan.
Ek moet bieg/erken …
Ek het nogals ‘n probleem met stellings soos: “Ons moet die kinders regkry vir die volgende fase”
Dis belangriker om die huidige fase vas te lê en te herhaal, op wat die kind se brein en liggaam en beweging op die huidige fase nodig het. Die volgende fases sal dan spontaan volg 🙂
Ek sal baie graag dat die algemene spreektaal eerder oor die belangrikheid van beweging in die huidige fase moet wees, eerder as om te noem dat ons wil fokus op die volgende fase.
Wiskunde, is dus nie in die spreektaal van ‘n kleuter wiskunde nie, maar die konsep om dit wat volg vir wiskunde te verstaan.
Dit sluit in Rye en Reekse
Optel en Aftrek
En nog vele meer.
Maar meer daaroor in ander praatjies, of luister gerus na van die webinars.
Groetnis
Louise van Khalri