Skryf saam

Ek onthou nog die dae toe ons as kleintjies soms speels deur die grootmense gevra is of ons al met ons een arm bo-oor ons kop aan die anderkantste oor kan raak?

 

Daardie was so tong-in-die-kies manier om te sê jou lyfie gaan dan eers groot genoeg wees om na die “Groot Skool” te gaan.

Maar hoe werk skoolgereidheid en wat beteken dit ten opsigte van beweging?

 

Beweging is in kort ‘n manier vir die liggaam om voor te berei vir skoolgereedheid.  

Beweging gun die kind ervaring en belewing van hul eie liggame se vermoëns asook hoe die omgewing om hulle werk. 

En ja … GRAVITASIE is belangrik.  Dus kan ons beweging nie heeltemal vervang deur simulasie speletjies op telefone en rekenaars nie.  Die kind se spiere moet voel hoe lank dit vat om ‘n beweging te doen.  Daarna kan die hande dit beter beplan en daarna, wel kom skoolgereedheid.

 

Bv leer ‘n kleuter hoe om ‘n bal te gooi, maar balgooi beteken nie jou kind kan skryf nie, balgooi help egter met ontwikkeling van die skouers en beplanning.

Net so help klei rol en vormpies bou uit die klei om die fyner spiertjies in die hande te versterke en akkuraat te maak, maar dit help nie die kind om hul naam in die lyntjie te kan skryf nie.  Die klei is wel ‘n tegniek om die skryf makliker en beter op die regte tyd te laat plaasvind.

 

Hierdie onderwerp sal nog in diepte bespreek word, maar vir ‘n ouer wat wonder of hul kind skoolgereed is, daar is verseker sekere bewegings en grootmotoriese vaardighede wat help dat ons kan bepaal of ‘n kind gereed is vir die eise van die skooldag.  Kinders moets volgens my baie meer geleentheid kry om met hul volle liggame te oefen en nie net fynmotoriese takies uit te voer om skoolgereed te kom nie.  Die boublokkies in die liggaam vind makliker plaas as die kleuter meer sintuie en meer beweging gebruik.  

Stuur gerus ‘n epos indien jy bekommerd is oor skoolgereedheid.  Ons doen nie self toetse nie, maar kan verwys na goeie toets-sentrums.  Ons het egter wel ‘n fantastiese online assessering wat die grootmotories toets en uit die vermoë kan jy as ouer baie leer oor jou kind se bewegings ontwikkeling.  Vir skool en vir sport.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *