Daar is ongelooflik baie ontwikkeling wat plaasvind tydens die kruip fase.
Maar, babas begin gewoonlik kruip omdat hulle gemotiveerd of gefrustreerd is en graag by iets wil uitkom.
Dis eers as hulle kleuters is, wat ons kruip as speletjies kan gebruik en dis in hierdie tyd wat dit uiters belangrik is om dit vir jou kleuter soveel as moontlik te laat speel. Maniere om kleuters te kry om meer en langer te kruip, is om diere speletjies te speel, of ‘n boks huisie te bou. Jou kleuter se fantasie sal spontaan inskop en die speletjies sal vir hom/haar pret wees.
Die voordeel van baie kruip as kleuter (na die baba maande) is bv:
Dit versterk die bo-arm krag en skouer krag. Hierdie is baie belangrik om gooi en skryf later akkuraat te kan doen.
Kruip maak dat die boonste en onderste ledemate verskillende bewegings doen (amper soos swem) want dit gaan links-regs-link-regs en soms links-links-regs-regs met die arms en bene. Hierdie is fantastiese midlyn kruising ook. En hoe meer die lede mate verskillende beplande bewegings doen, hoe beter vir al die brein en senuwee bane wat moet vorm.
Ek wil jou as besorgde ouer net so effens moed inpraat. Alle babas hou nie noodwendig van kruip nie. Maar as jou baba in die arms is of nie spasie het om te probeer kruip nie, beperk jy jou kind se ontwikkeling. Dit is egter nie onoorkombaar as jou baba nie wou kruip nie, dan maak jy net lekker kruip speletjies in die kleuterjare en herhaal dit soveel as moontlik deur dit prettig en opwindend vir jou kleuter se unieke belangstelling te maak.
As jy egter bekommerd is, kontak ons gerus in ‘n epos of gaan sien ‘n spesialis naby jou.